Slaan oor en gaan na inhoud

IT Dienste vir 1 tot 10 mense

'n Onderneming wat afskop en IT van die begin af deel maak van die sukses.

Ons kan klein ondernemings help wat uit die wegspring blokke is en besef dat hulle IT dienste nodig het sodat hulle kan fokus om 'n sukses van die onderneming te maak. Ons verstaan die uitdagings van klein begin en dat daar nie genoeg ure in 'n dag is om by alles uit te kom nie, so moenie jou tyd op IT ondersteuning spandeer nie. Al ooit gewonder hoe klein sake ondernemings dit reg kry om so professioneel voor te kom aanlyn, eposse met die regte domeinnaam te kan stuur, 'n webwerf en selfs stelsels het om saam te kan werk as 'n span.

Domeinnaam registrasie

Domeinnaam en Webwerf

Van domeinnaam koop en om die onderneming se plek op die internet te verseker tot 'n basiese webwerf om solank jou kliënte te kan wys wat jy het om aan te bied.

Begin waar alles begin op die Internet en dis om jou domeinnaam te registreer wat jou besigheid op soekenjins se ranglys laat seëvier. 

Ons kan ook die basiese optimalisering van soekenjins (SEO) opstel.

Epos Dienste

Saam met die registrasie van die domeinnaam kom die volgende belangrike aspek wat sake ondernemings nodig het en dis om eposse te stuur met die regte domeinnaam @joubesigheidsnaam.co.za

Ons stel jou epos adres op met Microsoft se "Exchange Online" 'n produk van Microsoft 365 wat jou instaatstel om epos bemarking te doen, vir kliënte voorstelle en state te stuur en natuurlik vergaderings en gebeurtenis in jou besige dag te kan bespreek. Kry dit ook alles op jou slim foon om niks te mis nie.

@gmail.com lyk nie professioneel nie.

Epos Dienste
Aanlyn samewerking

Samewerking en produktiwiteit

Die een stelsel om alles by mekaar te bring om een groot samewerking kultuur te skep want dis wat nodig is om uit die wegspring bloke te kom. 

Deel van die epos adres opstel, stel ons ook "OneDrive" op om jou dokumente te stoor in die wolkie en maklik te kan deel, "Microsoft Teams" om aanlyn vergaderings te hou en kontak met kliënte te versterk.

Afhangende van die "Microsoft 365" subskripsie is daar nog vele meer kenmerke en toepassings om te gebruik soos "Microsoft Bookings" wat dit maklik maak vir jou kliënte om besprekings te maak aanlyn.

Laaste maar nie die minste - IT Ondersteuning

Ons bied ook gemoedsrus met Bestuurde IT Ondersteuning opsies

  • Soos probleme opduik

    Maak gebruik van ons IT ondersteuning soos en wanneer dit nodig is en betaal net vir die ure wat gebruik is.

  • Maandelikse Instandhouding

    Om iemand aan te stel met die nodige kennis en vaardighede is nie altyd koste effektief nie en dus kan 'n maandelikse IT dienste jou gemoedsrus gee dat kundiges beskikbaar is.

Tree in verbinding

Vir 'n omvattende begin tot die besigheid se IT landskap en verhoudings wat daar was van die begin af.