Slaan oor en gaan na inhoud

Passie vir IT wat oorloop tot kliënte geluk en tevredenheid

Meer oor ons

Sasta IT Oplossing is 'n maatskappy wat daar in spesialiseer om ander maatskappye die waarde te wys wat tegnologie kan bied as geleenthede om beter kliënte diens te lewer, meer effektief hulle interne prosesse te bou en te vereenvoudig, beheer te kry oor die vereistes wat regulasies soos die "POPI Act" van organisasies behels. Ons sien ook om na die alledaagse uitdagings van gebruikers ondersteuning, opstel van toestelle, sekuriteit en beveiliging, die sekuriteit van data en die toegang daarvan tot die optimale gebruik van jou beleggings in die lisensie subskripsies.

 

Tegnologie as 'n besigheids instaatsteller is wat maatskappye die voorsprong gee teenoor hulle mededingers.

 

Ons waardes en liefde vir die Afrikaanse taal is wat ons uniek maak en elke dag se rede is om beter te wees as gister, meer uit te staan en nie net blindelings die breëstroom na te volg nie

Dienste wat ons verskaf

By Sasta IT-oplossings, help ons ons kliënte om suksesvol te wees deur die transformasie van die manier waarop hul besighede werk en om hulle te voorsien van buigsame en veilige platforms om dit te doen. Ons portefeulje van Professionele en Bestuurde Dienste stel ons kliënte in staat om die krag van Microsoft se drie wolke te benut: Microsoft 365, Azure en Dynamics 365. Ons bied aangepaste dienste vir klein besighede. 

Microsoft Power Platform

Outomatiseer jou goedkeurings prosesse, of vereenvoudig huidige prosesse met die hulp van Microsoft Power Platform Automat tussen twee sisteme. Maak gebruik van Power Bi om beter rapporte en verslae te kry oor die huidige data wat jy het om beter besluite te kan neem met meer akkurate verslae. En nog soveel meer.                         

Microsoft 365

Ons bestuur alle aspekte van 'n organisasie se Microsoft 365 omgewing, sou dit wees Outlook, SharePoint, TEAMS, OneDrive, toegang tot data en sisteme, Defender Antivirus en die veiligheid rakende gebruikers toestelle. Die beste lisensie subskripsie teen sakpas kostes.

 

Digitale Transformasie

Na die covid-inperkings besef ons almal hoe kardinaal belangrik tegnologie is en wat dit beteken het om optimaal te funksioneer. As jy nogsteeds sukkel om van jou verouderde stelsels of prosesse heeltemal oor te skuif wolkie toe of digitaal te maak, of voel daar is nog 'n leemte wat in jou huidiglike sisteme is, en wat dit eintlik kan bied is ons hier om jou te help om die digitale transformasie verder te vat en te versnel.

IT Bestuurder as 'n Diens

Wat van 'n IT-bestuurder teen 'n fraksie van die koste aan te stel? Die IT-bestuurder is om iemand met die nodige vaardighede, soos 'n gewone werknemer, aan boord te bring om die maatskappy se huidige tegnologie te oorsien, die IT-afdeling te bestuur en menslike hulpbronne, soos junior IT-tegnikuste, te hanteer. Die IT-bestuurder dra aktief by tot die visie en missie van die maatskappy deur effektiewe afdelingsbestuur te verseker deur raamwerke soos ITIL, DevOps en Projek Bestuur te implementeer en daarop te rapporteer, net soos 'n voltydse aanstelling. Dit stel topbestuur in staat om op hierdie uitdagende ekonomiese tye te fokus sonder bykomende druk.

IT Ondersteuning

Ongeag die rede vir die behoefte aan IT-ondersteuning, of dit nou maatskappy herstrukturering, verbetering van dienslewering aan personeel, of enige ander rede is, ons is hier om ondersteuning te bied en oplossings te pas soos nodig om waarde toe te voeg. Ons span van kundiges is toegewyd om te verseker dat jou IT-stelsels glad verloop, sodat jy kan fokus op jou kern besigheidsdoelwitte. Met ons omvattende reeks IT-ondersteuningsdienste kan ons jou help om jou tegnologie-infrastruktuur te optimaliseer, enige tegniese probleme op te los, en te verseker dat jou besigheid doeltreffend en effektief bedryf word. Vertrou ons om jou betroubare vennoot in IT-ondersteuning te wees en laat ons sorg vir jou tegnologie behoeftes, sodat jy kan konsentreer op die bevordering van jou besigheid vorentoe.

Maak sommer nou 'n afspraak

1-1 - 10 menseVir klein, maar magtige spanne van 1-10 mense, bied Sasta IT gespesialiseerde IT-oplossings om jou besigheid te ondersteun vanaf sy vroeë stadiums.

Met Sasta IT as jou betroubare vennoot, kan jy fokus op die koestering van jou besigheid terwyl ons jou IT-behoeftes behartig.

Kontak ons

Tree in verbinding met ons, dan klets ons so bietjie